Tandbederf

Tandbederf
Klassifikasie en eksterne bronne
'n Bederfde tand.
'n Bederfde tand.
ICD-10 A30
ICD-9 030
OMIM 246300
MedlinePlus   001347
eMedicine med/1281derm/223 neuro/187
MeSH D007918
Mediese waarskuwing
'n Tand met uitgebreide tandbederf wat uiteindelik getrek moet word.

Tandbederf is ook bekend as tandkaries (Latyns: caries, vermolmdheid), gaatjies of tandverrotting en vind plaas wanneer die tand afgebreek word weens bakteriële aktiwiteit.[1] Die kleur van die gaatjies in die tand kan wissel van geel tot swart.[2] Die simptome wat ervaar word sluit in pyn in die tand en dit mag moeilik wees om te eet.[2][3] Die komplikasies wat tandbederf kan meebring, sluit in inflammasie van die tandweefsel, tandverlies, infeksie of die ontstaan van 'n abses.[2][4]

Die oorsaak van tandbederf is bakteriële afbraak van die harde weefsels van 'n tand (die glasuur, tandbeen /dentien en sementum). Dit vind plaas omdat daar suur gevorm word uit voedselreste en suiker wat op die tandoppervlakte agterbly. Eenvoudige suikers in kos is hierdie bakterieë se primêre energiebron en daarom is 'n dieët wat ryk is aan eenvoudige suikers 'n risiko. Wanneer die minerale in die tand vinniger afbreek as wat dit opgebou kan word deur bronne soos bv. speeksel, dan vind tandbederf plaas. Ander risikofaktore is toestande wat aanleiding gee tot verminderde speeksel produksie, bv: diabetes, Sjogren sindroom en sekere medikasie bv. antihistamiene en antidepressante.[5] Tandbederf word ook geassosieër met armoede, swak mondhigiëne en tandvleissiekte wanneer die tandvleis wegtrek van die tande af om die tandwortels te ontbloot.[1][6]

Die voorkoming van tandbederf behels die volgende: gereelde skoonmaak van die tande; 'n lae-suikerdieet en klein hoeveelhede flouried per mond ingeneem.[3][5] Dit word aanbeveel dat tande twee keer per dag geborsel en gevlos word.[1][5] Flouried kan afkomstig wees van water, tandepasta of sout.[3][5] Na gelang van die skade aan die tand is daar talle behandelings om die tand te herstel om weer behoorlik te funksioneer, of die tand kan verwyder.[1] Die beskikbaarheid van behandeling is dikwels swak in die ontwikkelende wêreld.[3] Parasetamol of ibuprofeen kan geneem word vir pyn.[1]

Ongeveer 36% van die wêreldbevolking het gaatjies in hul permanente tande.[7] Die Wêreldgesondheidsorganisasie skat dat byna alle volwassenes op een of ander stadium in hulle lewe tandbederf kry.[3] Met babatande affekteer karies ongeveer 9% van die bevolking.[7] Die toestand word al meer algemeen onder kinders en volwassenes,[8] en is veral algemeen in die ontwikkelde wêreld weens die verhoogde verbruik van eenvoudige suikers.[1] Karies is die Latynse word vir “verrotting".[4]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 Silk, H (March 2014).
  2. 2,0 2,1 2,2 Laudenbach, JM; Simon, Z (November 2014).
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 "Oral health Fact sheet N°318". who.int.
  4. 4,0 4,1 Taber's cyclopedic medical dictionary (Ed. 22, illustrated in full color ed.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 SECTION ON ORAL, HEALTH; SECTION ON ORAL, HEALTH (December 2014).
  6. Schwendicke, F; Dörfer, CE; Schlattmann, P; Page, LF; Thomson, WM; Paris, S (January 2015).
  7. 7,0 7,1 Vos, T (Dec 15, 2012).
  8. Bagramian, RA; Garcia-Godoy, F; Volpe, AR (February 2009).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search